Die Lewensenergie Kursus is oor die afgelope 25 jaar deur Dr Cornel van der Merwe ontwikkel. In hierdie kursus gaan jy die volgende ontvang:
- Ons moet verstaan dat ons simptoom of ons probleem ons wil begelei na 'n diepere ontdekking van ons eie waarheid en inherente wysheid
- Alle mense maak sekere aanpassings en ontwikkel verdedigings in 'n poging om te oorleef in hierdie wêreld.
- In die herontdekking van wie ons regtig is, is dit nodig om onsself vanuit ons familie agtergrond te verstaan en om patrone en temas te herken wat bydrae tot ons huidige situasie. Ook om vaardighede aan te leer om onafgehandelde sake af te handel en verby hierdie vroeëre, aangeleerde blokke te beweeg.
- Ons moet ook begryp dat ons vasval in rolle en reëls wat bydra tot die blokkering wat ons in ons lewens ervaar
- Elke dag maak ons gebruik van die sg. gekonnekteerde manier (asemhalingswerk) van asemhaling, omdat ons longe die grootste skoonmaak orgaan in ons liggaam is, fisiologies sowel as psigologies.
- Ons kom in kontak met die ontwikkeling van die ego vanuit die kinderjare en hoe ons denke dikwels die grootste oorsaak vir ons vasgevangde gevoel is. Prosesse word aangeleer om in staat te wees om die nodige heling op ons eie te ervaar en te implementeer.
- Eenvoudige probleme soos nie-selfgeldenheid, perfeksionisme, verdedigingsmeganismes word d.m.v. vraelyste en oefeninge uitgelig en oorkom.
- Die belang van ko-afhanklikheid en die feit dat slegs 2% van mense in staat is om regtig interafhanklik te funksioneer word verduidelik. Ons besef dat ons geluk eintlik nooit deur iets eksterns bepaal word nie.
- Die slagoffer driehoek wat amper die enkele grootste rede vir alle stres in ons lewens is, word herken en metodes om daaruit te ontsnap, geleer. Ons leer om 100% verantwoordelikheid vir ons self te neem. Om te weet dat die oomblik as ons ander blameer moet ons vra: "Hoe is dit waar van myself?"
- Ons fokus op verhoudinge en toon aan dat frustrasies en konflikte aangewend kan word vir groei in stede van 'n magstryd te laat ontwikkel. Dialoog word aangeleer waar ek 'n ander wêreld as my eie moet aanhoor, valideer (nie evalueer) en empatie moet betoon. Om te besef dat in diskonneksie vind verwydering plaas en ontstaan 'n behoefte wat deur iets eksterns gevul moet word.
- Interressante tegnieke word aangebied om in kontak te kom met ons sg. sellulêre geheue en sodoende ons eie innerlike wysheid te gebruik vir heling.
- Tegnieke vanuit energie sielkunde en kwantum fisika word verduidelik en aangeleer, sowel as die gebruik van ons verstand word verduidelik en wanopvattings wat oor jare in ons vasgelê is, word omgekeer.
- Ontkende dele en skadu dele moet herken en geïntegreer word en die geskenke van hierdie dele aanvaar word en gebruik word in ons lewe.
Die kursus word aangebied in 'n veilige atmosfeer waarin die kursusgangers bietjie afgesonder word van die daaglikse gewoel en volledig op hulle self fokus ten einde weer hulle regmatige plek in die samelewing te kan inneem. Die aanbieders poog om dit so veilig moontlik te maak dat die nodige groei kan plaasvind
Ons glo dat die kursus die potensiaal het om enige persoon sy eie waardigheid te laat besef en om te groei tot 'n vryvloeiende, pulserende vrolike wese, wat in staat is om in die moment gefokus te leef.
Skakel El'Marie by 082 331 4704 om te bespreek of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Ons sien uit daarna om u te ontmoet en die vyf dae se reis saam met u mee te maak!
Die hele program sentreer rondom die tema dat elke mens volledig toegerus is om voluit te lewe in sy/haar volle waarheid en essensie. Ons fasiliteer net prosesse om enige energie blokke te herken en te laat gaan. Ook om die geheim te ontdek om vanuit ons eie waarheid uit dankbaarheid en onvoorwaardelike liefde te leef. Elke lewende organisme het 'n self herstellende vermoë as dit veilig genoeg is.
Skakel El'Marie by 082 331 4704 om te bespreek of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..